Tatta Pappa

by Elize Fourie
(Randburg, South Africa)

My Pa

Daar het al soveel dinge deur my gedagtes gehardloop. Ek wou nie nou dadelik skryf nie, maar besef dat as ek dit nie doen nie, dan gaan dit by my verby.

My Pa is amper 3 weke terug oorlede, veras en sy as op sy geliefde plaas gestrooi. Dit voel nou nog onwerklik. Ek is oor 2 weke 47 jaar oud – ja ek is geseen om my pa so lank by my te gehad het, maar nou is hy weg. Het nog nooit iemand so na aan my aan die dood afgestaan nie. En ek weet ek het deur ‘n proses van denial gegaan. As ek bel, dan sal hy dalk optel. Toe ek vir die eerste keer terugkeer na my eie blyplek het dit my getref: As ek huis toe bel om te se ek is veilig gaan hy NIE die foon optel en se: Hallo Lize. Het jy goed gery nie???

My pa was 76 jaar oud en het ‘n eenvoudige mantelvliesbreuk operasie gehad. Volgens die dokters het hy ‘n virus in sy longe opgetel en het hulle gesukkel om die regte antibiotika te vind om dit te dood. Na 3 weke is hy oorgeplaas ICU toe en onder verdowing op ‘n respirator geplaas. 4 Dae later is hy gedialiseer vir die 1ste keer en die volgende dag weer, maar hy het nie herstel nie. Om 2.45 die oggend van 23 Oktober is hy oorlede.

Ek sien hom nog met al die pype in sy mond. Nadat hy gesterf het, het hulle al die pype en masjiene verwyder en gese ons kan vir ‘n laaste keer gaan groet. My papa het daar gele, plat op die bed en die blou kleur van sy gesig was ‘n duidelike teken van die suurstoftekort waarmee hy die afgelope maand gesukkel het. Hoe ironies dat iemand wat nooit in sy hele lewe gerook het, sterf aan ‘n longsiekte! Ek wou uitskree, dis nie my pa nie, dis nie my pa nie.

My pa was sterk en gesond net ‘n maand terug. Hierdie kan nie my pa wees nie!! Julle jok vir my. Maar ek het hom sag op sy voorkop gesoen en tata gese vir die laaste keer. Tata papa. Mag God jou bewaar tot ons weer ontmoet.

Vanaand kan ek nie ophou huil nie. Papa ek was lief vir jou, al het ek nie altyd geweet hoe om dit te wys nie en jy nog minder. Rus in vrede. Ek sal nog baie oor jou huil, maar ek weet ek moet ook aangaan met die lewe. Vanaand voel ek net nie daarna nie. Voel net lus om te huil en te huil en te huil. Lief jou papa. Lief jou baie.
Met ‘n baie seer hart
Elize

Click here to post comments

Return to Lost Dads.

[?]Subscribe To This Site
  • XML RSS
  • follow us in feedly
  • Add to My Yahoo!
  • Add to My MSN
  • Subscribe with Bloglines

RSS Feed Widget
->


 POPULAR
  RESOURCES


Tap into the compassion, support and wisdom of the

GRIEF CLUB


Essential Healing Guide

Grief Relief
Program

Free Griefwork
E-Course

Free Stress
Management
E-Course



SBI Video Tour!